August 4, 2021

Twee dood toe twee vragmotors, bakkie en motor bots

Die bestuuder van die ander vragmotor was nie op die toneel nie.

Twee dood toe twee vragmotor, bakkie en motor bots

Twee dood toe twee vragmotor, bakkie en motor bots Foto: Arrive Alive

HEILDELBERG. – Twee mense, ‘n man en ‘n vrou, is dood en nog een is beseer toe twee vragmotors, ‘n bakkie en ‘n motor op die N3 in ‘n botsing betrokke was.

Arrive Alive berig nooddienste het op die toneel opgedaag en ‘n groot vragmotor op sy sy gevind wat die een kant van die snelweg versper het. Langs die pad is ‘n motor gevind, terwyl die ander twee voertuie ‘n entjie verder gevind is.

‘n Vrou in die motor en ‘n man in die bakkie is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor het beserings opgedoen. Die bestuuder van die ander vragmotor was nie op die toneel nie.

LEES OOK: Verpleegster troos Covid-pasiënte met ‘the hand of God’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *