KIMBERLEY. – Baie Kimberliete was woedend toe hulle Maandagoggend wakker word en besef die dorp se water is afgeskakel.
Sol Plaatje-munisipaliteit het intussen op sy Facebook-blad aangekondig die watervlakke by die Newton-reservoir is baie laag en daarom het die betrokke persone besluit om die reservoir af te skakel om die vlakke te verhoog.
Lees ook: Baba se handjie geamputeer ná probleme by staatshospitaal
“Die water sal weer aangeskakel word sodra daar genoeg kapasiteit is om die pompe by die Newton-reservoir aan te skakel.”



