Familie tydens brand uitgewis
Daar word vermoed dat ’n kers die oorsaak van die brand was.

Familie tydens brand uitgewis Foto: npr.org
KIMBERLEY. – ’n Man (27), sy vrou (25) en hulle twee kinders van 12 en ses jaar oud het Sondag in die oggendure doodgebrand toe hulle shanty in White City vlam gevat het.
LEES OOK: Minderjarige ’n verdagte in Kimberley-man se moord
Geen toegang tot shanty
Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die bure kon nie toegang tot die shanty kry om die familie van die brand te red nie. Daar was ook geen krane of waterbronne naby om die brand te blus nie.
Kers dalk die oorsaak
“Daar word vermoed dat ’n kers die oorsaak van die brand was. Die lyke is deur familielede uitgeken.”
Die ondersoek duur voort.