KYK: Pa laat val dogtertjie (2) toe hy vir olifant weghardloop

Soos hy na veiligheid probeer hardloop het, het hy sy dogtertjie laat val.

Pa laat val dogtertjie (2) toe hy vir olifant weghardloop (Foto: Skermgreep uit die video)

Pa laat val dogtertjie (2) toe hy vir olifant weghardloop (Foto: Skermgreep uit die video)

SAN DIEGO. – ‘n Pa is in hegtenis geneem na dit op video vasgevang is hoe hy sy 2-jarige dogtertjie laat val toe hy vir olifante weggehardloop het. Hy word van kinderbedreiging aangekla.

Die pa, wie se naam nog nie bekend is nie, het sy dogtertjie by die olifanthokke van die San Diego-dieretuin ingeneem en dis toe dat ‘n 40-jarige olifant die man en sy dogter bestorm het.

Lees ook: Vlak 2-regulasies moontlik op pad

Soos die pa na veiligheid probeer hardloop het, het hy sy dogtertjie laat val.

‘n Ander besoeker by die dieretuin het die voorval op kamera vasgevang.

Die meisie is volgens SowetanLIVE ongedeerd en aan haar ma terugbesorg.

Lees ook: Surrogaatouers kyk ná byna een jaar steeds na baba

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *