April 19, 2021

Suid-Afrika op 27 Maart al jaar ingeperk, wat het dit jou geleer?

Baie se harte was baie kere gevul met vrees, hartseer en angs.

Suid-Afrika op 27 Maart 2021 al 365 dae in inperking

Suid-Afrika op 27 Maart 2021 al 365 dae in inperking Foto: yourstory.com

SUID-AFRIKA. – Om midderdag 27 Maart 2021 is dit al 365 dae wat Suid-Afrikaners in inperking lewe.

Alledaagse dinge wat ons vanselfsprekend aangeneem het, het ‘n voorreg geword. Suid-Afrikaners kon nie meer doen soos hulle wil en voel nie. Daar was net sekere tye wanneer jy jou huis mag verlaat het Drukkies en soentjies was taboe.

Suid-Afrika het van 00:00 op 27 Maart 2020 die inperking binnegaan wat streng maatreëls gehad het. Mense wat nie gesondheidswerkers was en ander noodsaaklike dienste verrig het nie, was heeldag by die huis. Jy het na die voor- en agterstoep gegaan as jy gevoel het die vier mure van die huis begin jou vasdruk.

Suid-Afrika se inperking bring ook goeie dinge

LEES OOK: My miskraam – ’n berg op my skouers

Die inperking het ons die belangrikheid van familie geleer. Ons was heeldag omring deur ons gesin en ons het weer geleer om met mekaar te gesels. Party het selfs weer die bordspeletjies uitgehaal. Hierdie tyd het ons gedwing om ons omgee en liefde aan mekaar te wys. Elkeen het gesien hoe vinnig iemand wat ons lief het deur die virus weggevat kan word. Ons het mekaar weer opreg begin waardeer.

Die inperking het ons ook leer bid. Baie mense se harte was baiekeer gevul met vrees, hartseer en angs. Ons het weer teruggekeer na gebed om te vra vir kalmte. Die kerke was gesluit, maar mense in nood moes bid vir krag. Bid het in ‘n tyd waar geen dokter kon help nie ons enigste uitweg geword.

Gebruik hierdie dag en kyk na die positiewe dinge wat die jaar van inperking jou geleer het.

LEES OOK: Hector heel oukei, sê eienaar na video oor beweerde dieremishandeling

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: