Ma gearresteer nadat baba se liggaam in dam gevind is

KRAAIFONTEIN.- 'n 11 Maande oue baba se liggaam is in 'n dam gevind dryf naby Kraaifontein. Dit nadat sy ma hom glo aleen by die huis gelos het.

Foto: Pixabay. KRAAIFONTEIN.- 'n 11 Maande oue baba se liggaam is in 'n dam gevind dryf naby Kraaifontein. Dit nadat sy ma hom glo aleen by die huis gelos het.

KRAAIFONTEIN.- ‘n Elf maande oue baba se liggaam is in ‘n dam gevind dryf naby Kraaifontein. Dit nadat sy ma hom glo alleen by die huis gelos het.

Volgens All4Women is klein Akhimbali Mafentile, wat Sondag as vermis aangegee is deur sy ma, se liggaam in ‘n dam gevind. Dit nadat sy hom glo alleen by die huis gelos het.

Volgens die ma het sy ‘n vriend gevra om na die kind om te sien, maar toe sy die volgende dag terugkeer, was die baba weg. Lelethu Somtsewu (40), ‘n gemeenskapslid, se die ma het vir ‘n kêrel gaan kuier toe sy haar kind alleen gelaat het.

Lede van die gemeenskap het na die kind begin soek. “Ek en ‘n groep vroue het Woensdag ‘n popagtige figuur in die water gesien terwyl ons na die baba gesoek het,” het Somtsewu gesê.

Hulle het agtergekom die figuur het dieselfde klere aan as wat Akhimbali aangehad het die dag wat hy verdwyn het. Dis toe dat hulle besef dit is sy liggaam.

Somtsewu sê terwyl hulle die dam genader het, kon hulle sien hoe die kind se ma hulle van haar huis af aanskou. Sy het glo nie gehelp soek na haar kind nie.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat die 20-jarige vrou, Vrydag in die Blue Downs-landdroshof sal verskyn.

Sy staan ​​tereg op aanklagte van moord en kinderverwaarlosing.

Traut het gesê die omstandighede van die baba se dood word ondersoek.

Lees ook: Liggaam van ontvoerde baba gevind

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *