April 19, 2021

Is jy vir of teen die gebruik van diere in ‘n sirkus?

Ban Animal Trading South Africa het op hul Facebook-blad foto's, waar 'n groep mense voor die McLaren-sirkus protesteer, gedeel. Die groep voel sirkusse moet verbied word om diere te misbruik sodat hulle 'n opbrengs daaruit kan maak.

(Foto: Ban Animal Trading) Ban Animal Trading South Africa het op hul Facebook-blad foto's, waar 'n groep mense voor die McLaren-sirkus protesteer, gedeel. Die groep voel sirkusse moet verbied word om diere te misbruik sodat hulle 'n opbrengs daaruit kan maak.

Ban Animal Trading South Africa het op hul Facebook-blad foto’s gedeel waar ‘n groep mense voor die McLaren-sirkus protesteer. Die groep voel sirkusse moet verbied word om diere te misbruik sodat hulle ‘n opbrengs daaruit kan maak.

Die NSPCA sê “Wilde diere wat in sirkusse en vir reis gebruik word, word gereeld vir maande lank op die pad in klein, droë hokke of in kettings aangehou. Hierdie diere demonstreer dan stereotipiese en abnormale gedragspatrone wat dui op langdurige spanning en lyding. Dit is die spanning deur die proses van opsluiting en vervoer wat die grootste deel van die diere se lyding uitmaak.”

’n Inskrywing op die McLaren-sirkus se webtuiste lui as volg: “McLaren-sirkus het ‘n verskeidenheid van pragtige diere. Dit is ‘n groot voorreg om te leef saam met ons pragtige diere. Hulle speel ‘n belangrike deel in die sirkus. Hul welstand is van uiterste belang, aangesien hulle deel uitmaak van die sirkusfamilie. Ons diere word gemaklik tussen plekke vervoer. Hulle oefen, hul omgewing word daagliks skoongemaak. Hulle kry veeartskundige versorging en goeie voeding word ook vir ons diere verskaf.”

Die sirkus het ’n verskeidenheid diere, insluitend: honde, bokke, miniatuurperde, kamele, Walliese ponies, friesperde, slange, krokodille en leeus.

Volgens die sirkus ontvang hulle gereeld besoeke van inspekteurs en veeartse om te verseker hul diere is gesond. Verder sê hulle dat hul diere op sekere plekke waarheen hul toer vrye teels kry buite hul omheinings.

Foto: Mclaren sirkus

Lees ook: Kinderpornografie – SA-man word deur VSA-owerhede ondersoek

1 thought on “Is jy vir of teen die gebruik van diere in ‘n sirkus?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: