Dit lyk skadeloos wanneer ‘n ma of ‘n pa ‘n slukkie van hulle alkoholdrankie vir hulle kind gee, maar wat as dit kan bydra tot alkoholisme? Navorsing dui daarop dit kan ‘n kind druk om meer in alkohol belang te stel. So ‘n kind kan ook meer geneig wees om moontlik ‘n drankprobleem te ontwikkel.
Today berig die jongste studie oor die onderwerp het bevind 22% van kinders tussen nege en 11 jaar oud het al alkohol geproe. Die drankies wat aan kinders gegee is, was meestal die pa s’n.
Ouers kan bydra tot kind se alkoholisme
Ouers wat toelaat dat ‘n kind onder 13 jaar alkohol drink of proe, kan bydra tot ‘n verhoogde risiko vir alkoholgebruik in sy of haar laat adolessensie. So beweer ‘n studie wat in 2018 in die vaktydskrif Addictive Behaviors gepubliseer is.
Party ouers voel deur hulle kinders aan alkohol te laat proe, sal dit hulle weerhou van onwettig drink saam met vriende – hulle kinders verhoed om agter hul rûe skelm te drink. Navorsers stem nie saam met dié redenasie nie en sê daar is verskeie maniere hoe ouers met kinders oor alkohol kan praat.
LEES OOK: TikTok-neiging: ‘Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak’ sê veearts
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



