Die Suid-Afrikaanse Tipsy-tert is ryk en soet! Maklik om te maak en maklik om te geniet met geklopte room, roomys of vla.
Bestanddele:
Tert:
- 250 g onpitte dadels, gekap
- 1 t koeksoda
- 1 koppie kookwater
- ½ koppie botter
- ¾ koppie suiker
- 2 ekstra groot eiers
- 1½ koppies meel
- 2 t bakpoeier
- ⅛ t sout
- 1/3 koppie pekanneute, gekap
- pekanneute, heel, om te versier (opsioneel)
LEES OOK: KYK!: Ongeluk in Schmidtsdriftstraat
Sous:
• 1 koppie suiker
• 1 koppie kookwater
• 1 e botter
• ½ koppie brandewyn
• 1 t vanielje-ekstrak
Metode:
1. Voorverhit oond tot 180°C – smeer ’n oondpan van 20 x 30 cm met kookolie.
2. Meng die dadels, kookwater en koeksoda – laat staan minstens 5 – 8 minute.
3. Klop intussen die botter en suiker tot romerig – voeg die eiers by en klits goed.
4. Sif die meel, bakpoeier en sout saam – voeg by die bottermengsel en roer tot gemeng.
5. Voeg die gekapte pekanneute en die dadelmengsel by die beslag – roer tot goed gemeng.
6. Gooi die beslag in die voorbereide oondpan – plaas ’n paar heel pekanneute bo-op en bak 50 – 60 minute (hierdie tert word baie donker – dit moet sponserig voel as jy dit liggies tik).
7. Haal dit uit die oond en steek verskeie kere met ‘n vurk.
Stroop:
- Verhit die suiker, kookwater en botter – die suiker moet opgelos word – laat prut vir ’n paar minute en voeg dan die brandewyn en vanielje by – bring weer tot kookpunt en verwyder van die hitte.
- Giet die warm stroop oor die tert en laat staan totdat al die vloeistof in die tert ingetrek het.
3. Sit warm voor (of laat dit heeltemal afkoel) en sit voor met geklopte room, roomys of vla.
LEES OOK: Flake-koekieresep



