April 19, 2021

Vaginisme – die siekte van stilswye

Intussen het baie vroue met vaginisme te kampe – maar hulle praat nooit daaroor nie.

Vaginisme – die siekte van stilswye

Vaginisme – die siekte van stilswye

Kwessies oor vroue se liggame word selde in die openbaar bespreek – die meeste vroue ly eerder in stilte wanneer hulle ‘n probleem het wat hulle in die verleentheid kan bring.

Stel jou voor ‘n vrou ontdek op haar huweliksnag tot haar groot skok dat sy nie in staat is om seks te hê nie. Hierdie vrou kan in stilte ly en nooit om hulp soek nie. Sodanige probleem kan selfs die einde van ‘n huwelik beteken.

Intussen het baie vroue met vaginisme te kampe – maar hulle praat nooit daaroor nie. Dit is egter beslis nie iets om oor verleë te wees nie; inteendeel, dit moet eerder openlik bespreek word sodat vroue nie langer in stilte hoef te ly nie.

LEES OOK: 20 Jaar tronkstraf vir twee verkragtings

Wat is vaginisme?

Vaginisme is die onwillekeurige sametrekking van vaginale spiere wat seksuele omgang, asook ginekologiese ondersoeke, moeilik of selfs onmoontlik maak.

Die definisie van vaginisme, ’n genitaal-pelviese pyn/penetrasie-kwaal, is onlangs ná verdere navorsing verbreed, en sluit nou pyn, spier-spanning en die vrees vir penetrasie in.

Dit kom algemeen onder vroue voor. Vaginisme kan òf as primêr, òf as sekondêr geklassifiseer word. Eersgenoemde is wanneer ‘n vrou nooit in staat was om penetratiewe seks te hê nie weens die onwillekeurige sametrekking van haar vaginale spiere; sekondêre vaginitis kom voor wanneer ‘n vrou voorheen penetratiewe seks kon hê, maar nie meer daartoe in staat is nie.

Simptome van vaginisme

Pynlike seks (dyspareunia) is dikwels die eerste teken van vaginitis. Pyn gaan slegs met penetrasie gepaard. Gewoonlik hou die pyn daarna op, maar dit is nie altyd die geval nie.

Baie vroue met vaginisme ondervind ook ongemak wanner hulle ‘n tampon insit, of gedurende ‘n pelviese ondersoek in ‘n spreekkamer.

LEES OOK: Trok slaan om op R31

Ander simptome van vaginitis sluit in:

  • Nie in staat wees om penetratiewe seks te hê of om ‘n tampon te gebruik nie
  • Vrees vir pyn, of vir seks
  • Verlies van seksuele begeerte

Hierdie simptome is onwillekeurig, wat beteken ‘n vrou kan dit nie sonder behandeling beheer nie.

Oorsake van vaginisme

Dokters weet nie presies hoekom vaginitis ontstaan nie. Dit word gewoonlik aan die angs of vrees vir seks gekoppel. Dit is egter nie altyd duidelik watter een eerste kom nie – die vaginitis of die angs.

Sommige vroue het vaginisme in alle situasies en met enige voorwerp; ander, weer, het dit slegs onder sekere omstandighede – soos met een maat, maar nie met ‘n ander nie. Hulle kan dit ook slegs met seksuele omgang ondervind, maar nie met tampons of gedurende mediese ondersoeke nie.

Ander gesondheidsprobleme soos ontstekings en droogheid kan ook pynlike omgang veroorsaak. Dit is belangrik om ‘n dokter te raadpleeg om uit te vind wat die oorsaak daarvan is.

Behandeling van vaginisme

Die goeie nuus is dat hierdie kwaal behandel kan word. Talle vroue voer ‘n gesonde lewe ná sodanige behandeling.

Dit is van deurslaggewende belang om altyd ‘n professionele medikus oor dié kwaal te raadpleeg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: