April 21, 2021

Die pyn van ’n troeteldier verloor

Die pyn is onbeskryflik. Sommige mense vergelyk dit met die dood van ’n familielid.

Die pyn van ’n troeteldier verloor

Die pyn van ’n troeteldier verloor

Dit is met groot opwinding wat jy jou geliefde troeteldier vir die eerste keer huis toe bring. Jy doen goed navorsing om jou diertjie te versorg, jy gee kos, water en baie liefde. Jy bou ’n band.

Dan word jou geliefde troeteldier deur die dood uit jou arms uitgeruk. Die pyn is onbeskryflik. Sommige mense vergelyk dit met die dood van ’n familielid.

Hier gesels vier FiND iT lesers oor die pyn van ’n troeteldier verloor

Monique Roberts het haar kat, Batman, drie weke gelede verloor toe ’n kar hom doodgery het. “Ek voel hy was te vroeg weggeneem van ons af. Hy was dalk vir ander mense net ’n kat, maar vir ons was hy ons seun. Ek was by die werk die dag toe dit gebeur het. Dit was die dag nadat ek hom by die veearts gaan haal het. Dit is die seerste seer.”

LEES OOK: Pasgebore baba met naelstring nog aan, langs pad gevind

Danielle Joubert se hondjie was 17 jaar oud toe sy hom moes laat uitsit. “Hy was so ’n groot deel van my lewe. Dit was so seer om oor dit te kom, ek mis hom nog steeds elke dag. Dit is nie maklik om ’n dier wat  sy hele lewe lank aan jou getrou was, af te staan nie.”

Adri du Preez moes in Februarie vanjaar twee van haar diere laat uitsit. “Emma was ’n Great Dane-kruising wat ons so paar jaar gelede by die DBV aangeneem het. Sy het werwelprobleme begin kry en kon omtrent nie meer loop nie. Phebe het my man ook 14 jaar gelede by die DBV aangeneem. Haar agterlyfie het ingegee. Dit was vir ons ongelooflik hartseer, ek mis hulle so baie. My huis voel leeg sonder hulle, maar hulle hardloop nou heeldag rond sonder enige pyn.”

Belinda Ruth Prinsloo het haar geliefde Chihuahua ’n week gelede verloor. “Ons kan nie laat gaan nie. Ons trane het gevloei. Ons harte is stukkend. Dis so onwerklik, ’n kosbare juweel wat van ons weggeruk is. My ander hondjie, Bella, treur.”

LEES OOK: Die Here dra my deur – deel 2

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: