April 19, 2021

Wat jy moet weet voor jy ’n verloofring koop

Dit is eerstens belangrik om te weet watter ring aan jou aanstaande se vinger gaan pas.

Wat jy moet weet voor jy ’n verloofring koop

Wat jy moet weet voor jy ’n verloofring koop

Deesdae is daar so baie verskillende style en opsies wanneer dit by verloofringe kom. Dit kan moeilik wees om te weet waarvan jou aanstaande sal hou. Hier is ’n paar wenke wat jy in gedagte moet hou voordat jy ’n verloofring koop.

Ken jou aanstaande se ringgrote:

Dit is eerstens belangrik om te weet watter ring aan jou aanstaande se vinger gaan pas. Dit kan dalk vernedering en tyd spaar om die ring na die groot oomblik te moet laat groter of kleiner maak.

LEES OOK: Akute sinusitis – simptome, oorsake, behandeling

Kies iets wat tydloos is:

’n Verloofring moet ’n tydlose, klassieke simbool wees van jou liefde wat vir ewig sal hou, dus moet die doel wees om die ring te vind wat perfek by jou toekomstige verloofde sal pas. Kyk na sy of haar huidige juweliersware om te sien wat die beste by sy of haar styl sal pas.

Grootte tel nie:

Die doel is nie om die grootste, blinkste ring op die mark te koop nie, behalwe as jy dink dit is vir jou aanstaande belangrik. Daar is nou minder druk om ’n groot ring te hê. Nou is die ring meer n uitbreiding van iemand se persoonlike styl.

Vra ’n vriend se raad:

Moenie alleen gaan wanneer jy na ringe gaan kyk nie. Neem altyd ’n vriend, wie se mening jy vertrou, saam met jou.

Dit gaan nie oor die prys nie:

Daar is geen reël as dit by die bedrag wat aan ’n verloofring bestee moet word, kom nie. Sommige vroue verkies kleiner, goedkoper diamante. Kry die ring wat perfek is vir die vrou, nie die ring met die grootste steen of prys nie.

LEES OOK: Hoe jonk is te jonk?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: