April 21, 2021

Het jy al van Peter Pan-sindroom gehoor?

Alhoewel daar geen werklike towerkuns is wat mens keer om fisies groot te word nie, hou sommige volwassenes vas aan die sorgvrye dae van hulle jeug en vind hulle emosionele en finansiële verantwoordelikhede tot in volwassenheid uitdagend.

Het jy al van Peter Pan-sindroom gehoor?

Het jy al van Peter Pan-sindroom gehoor?

Wikipedia beskryf Peter Pan-sindroom as ’n mens se onvermoë om te glo dat hulle ouer is of om volwasse op te tree. Hierdie sindroom is van toepassing op mense wat nie wil of kan groot word nie, mense met die liggaam van ’n volwassene, maar wat kies om soos ’n kind op te tree.

Alhoewel daar geen werklike towerkuns is wat mens keer om fisies groot te word nie, hou sommige volwassenes vas aan die sorgvrye dae van hulle jeug en vind hulle emosionele en finansiële verantwoordelikhede tot in volwassenheid uitdagend.

LEES OOK: Polisie soek verdagte wat kind van fiets af ry

Peter Pan-sindroom, die huidige naam vir hierdie gedragspatroon, het vir die eerste keer in die 1983 boek Peter Pan Syndrome: Men Who Have Never Grown Up van dr. Dan Kiley verskyn. Terwyl Kiley gefokus het op hierdie gedrag by mans, kan Peter Pan-sindroom mense van enige geslag of kultuur beïnvloed.

Hou in gedagte dat dit nie ’n erkende geestesgesondheidstoestand is nie. Tog glo baie kenners dat hierdie gedragspatroon ’n invloed op iemand se verhoudings en lewensgehalte kan hê.

Tekens wat dalk met Peter Pan-sindroom gepaard kan gaan:

  • Kan nie aktiwiteite beplan of groot keuses maak nie;
  • Versuim om huishoudelike take te doen en verantwoordelikhede vir kindersorg te neem;
  • Verkies om “vir vandag te leef” en toon min belangstelling om langtermynplanne te maak;
  • Toon tekens van emosionele onbeskikbaarheid, soos om nie verhoudings te wil benoem of definieer nie;
  • Spandeer geld onwys en het ander probleme met persoonlike finansies;
  • Vermy deurgaans die aanpak van verhoudingskwessies op produktiewe maniere;
  • Volg ’n patroon van werkverlies as gevolg van gebrek aan moeite, traagheid of om net weg te bly
  • Doen min werklike moeite om werk te kry;
  • Verlaat gereeld werk as hulle verveeld, uitgedaag of gestres voel;
  • Neem slegs deeltydse werk en het geen belang daarin om bevorderingsgeleenthede na te streef nie;
  • Volg ’n patroon van onbetroubaarheid;
  • Kry emosionele uitbarstings wanneer hy/sy stresvolle situasies in die gesig staar;
  • Neig om verskonings te maak en ander die skuld te gee as dinge verkeerd loop;
  • Toon min of geen belangstelling in persoonlike groei nie;
  • Verwag om versorg te word.

LEES OOK: Maak ekstra geld na-ure

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: