April 19, 2021

Wanneer is ek gereed vir ’n nuwe verhouding?

Hier is ’n paar wenke hoe om te weet wanneer jy weer reg is vir ’n nuwe verhouding nadat jou hart gebreek is.

Wanneer is ek gereed vir ’n nuwe verhouding?

Wanneer is ek gereed vir ’n nuwe verhouding?

Die meeste mense weet hoe dit voel as jou hart breek wanneer ’n verhouding eindig. Mens voel depressief en hartseer, maar die ergste gevoel is sekerlik die alleenheid.

Dit is gewoonlik in hierdie tyd wat mense in ’n nuwe verhouding inspring om van die ou hartseer te probeer vergeet. Dit is egter nie ’n goeie idee nie en kan tot nog groter hartseer ly.

Hier is ’n paar wenke hoe om te weet wanneer jy weer reg is vir ’n nuwe verhouding nadat jou hart gebreek is.

Jou selfvertroue is op dreef

Wanneer ’n verhouding beëindig word, affekteer dit ’n mens se selfvertroue en kan jou waardeloos laat voel. Jy kan dalk vir ’n hele ruk lank so voel, dit is normaal.

Op ’n dag sal alles verander. Jy sal wakker word en weer soos jouself voel.

Dit kan stadig wees, of dit kan dadelik gebeur. Hoe dan ook, jy sal onthou wat jy het om in ’n verhouding te bied.

LEES OOK: Mag jy op jou vriend se Netflix-rekening kyk?

Jy treur nie meer oor jou vorige verhouding nie

Dit maak nie saak hoe lank die verhouding was nie, dit is seer as dit eindig. As jy steeds oor die verhouding treur, is dit nie die tyd om op afsprake te gaan nie.

As jy terug kan kyk na die verhouding met bitter-soet herinneringe, is dit ’n goeie teken dat jy gereed is om te sien wat die lewe nog te bied het.

Jy het uit jou verlede geleer

Ongeag of jy in ’n gelukkige of ongelukkige verhouding was, almal maak foute. Die beste manier om aan te beweeg, is om jou foute te identifiseer, te erken en daaruit te leer.

As jy nie uit jou foute leer nie, is die kans baie groot vir jou om dieselfde foute in ’n nuwe verhouding te begaan.

Jy voel nie asof jy iemand anders nodig het nie

Een van die belangrikste tekens van gereedheid vir ’n nuwe verhouding is die feit dat jy nie voel jy moet in ’n verhouding wees om gelukkig te wees nie.

Ons voel soms ons het iemand nodig om ons te laat beter voel. Dit is nie gesond om te hoop iemand anders gaan jou vervul nie. Jy moet eers besef net jy kan jouself gelukkig maak.

Weet wat jy vir jouself wil hê

Die beste is om eers te weet wat jy uit die lewe en ook uit ’n verhouding wil hê. Wat is jou drome en toekomsplanne? Soek dan iemand wat dieselfde belangstelling, waardes en drome as jy het.

LEES OOK: Vrees oor veiligheid na polisielid van ontvoering en moord verdink word

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: