Man se arm geamputeer na fratsongeluk met drukmasjien

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ‘n Man se arm moes deur ‘n chirurg en paramedici geamputeer word nadat dit tydens ‘n fratsongeluk in ‘n industriële drukmasjien vasgeval het.

Sheldon Lombard, gevorderde lewensparamedikus, het aan TimesLive gesê paramedici was eerste op die toneel en het die man stabiliseer. Die brandweer en ‘n ingenieur wat vertroud is met die masjien is ook na die toneel ontbied.

Man se arm geamputeer om hom te bevry

Volgens Lombard het almal op die toneel probeer om die man se arm op ‘n veilige manier te verwyder, maar was onsuksesvol.

‘n Chirurg en die nodige toerusting is na die toneel gebring om die situasie in oënskou te neem. Hy het besluit om die man se arm op die toneel te amputeer. Die man is daarna na ‘n hospitaal geneem.

LEES OOK: Beyoncé wen meeste Grammy’s as vroulike kunstenaar

LEES OOK: ‘Paramedici moet onder polisiebewaking wees’ sê DA

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.