SUID-AFRIKA. – Die Demokratiese Alliansie (DA) voel paramedici moet ten alle tye onder polisiebewaking wees. Dit volg nadat ‘n paramedikus verlede week tydens ‘n vermeende kaping beseer is.
Behalwe vir die DA het die departement van gesondheid ook hulle kommer oor die saak uitgespreek.
Paramedici moet onder polisiebewaking wees
Dr. Rishigen Viranna, die DA se provinsiale woordvoerder van gesondheid, het gesê dit is ‘n skande dat misdadigers ‘n paramedikus aanval wat ‘n noodsaaklike diens lewer en lewens probeer red. Sy sê verder sy hoop die voorval word deeglik ondersoek. Die DA voel indien die skuldiges gestraf word, sal dit ‘n afskrikmiddel vir ander misdadigers wees.
Skuliges moet gestraf word
Ntokozo Maphisa, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê ook hulle het al vantevore by verskillende gemeenskappe gepleit om die paramedici wat op noodoproepe reageer en ‘n diens aan die publiek lewer, te beskerm.
LEES OOK: AstraZeneca sê: ‘Geen bewyse van verhoogde bloedklontrisiko’
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



