April 19, 2021

Heer of dame? Jy kan een word vir spotgoedkoop

SKOTLAND.- Wil jy graag erken word as ’n heer of 'n dame? Dit is nou moontlik.

SKOTLAND.- Wil jy graag erken word as ’n heer of 'n dame? Dit is nou moontlik. (Foto: Biaswrecker)

SKOTLAND.- Wil jy graag as ’n heer of dame erken word? Dit is nou moontlik. Stukke grond in Skotland word verkoop as deel van ’n fondsinsameling vir ’n natuurreservaat. Jy kan so min as $50 betaal vir ’n stuk grond, wat dan joune is, en jy ontvang die reg tot die titel heer of dame, of die Engelse lord of lady.

Volgens Insider is die fondsinsameling begin deur dr. Peter Bevis en sy dogter Laura, wat begin het om dele van die familiegrond te verkoop vir fondse vir die aanplant van nog bome. Dit alles in ’n poging om ’n gebied wat vir eeue lank vir bosbou en boerdery gebruik is, te herstel.

Vir $46 kan jy ’n een vierkante voet grond koop en die titel van heer of dame van Glencoe daarbý ontvang.

Heer en dame, jou besoek word verwelkom

As jy ’n stuk grond aangekoop het, kan jy dit besoek en as dit groot genoeg is, kan jy selfs daarop kampeer. Jy kry ook die geleentheid om te stem oor grondbestuuronderwerpe.

Die beste van alles is, jou nageslagte kan dit by jou erf en jy betaal geen belasting of versekering op die grond nie.

Lees ook: Beskerm jou honde teen hondediewe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: