April 21, 2021

Jongman (22) teiken en verkrag bejaarde mans in Suurbraak

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê Cloete is tot twee maal lewenslange tronkstraf op die aanklagte van verkragting gevonnis.

Jongman (22) teiken en verkrag bejaarde mans in Suurbraak

Jongman (22) teiken en verkrag bejaarde mans in Suurbraak Foto: pexels.com

WES-KAAP. – ‘n Jongman van Suurbraak, Hennury Cloete (22), wat bejaarde mans in die omgewing geteiken en hulle daarna verkrag het, is die week gevonnis.

Cloete het by ‘n verstandelik gestremde man (60) se huis ingebreek en hom by twee verskillende geleenthede verkrag.

Jongman teiken en verkrag bejaardes in huise

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê Cloete is tot twee maal lewenslange tronkstraf gevonnis op die aanklagte van verkragting. Hy is ook tot twee en ‘n half jaar gevangenisstraf vir twee aanklagte van huisbraak met die doel om te verkrag, ses maande vir algemene aanranding en twee jaar vir verset teen inhegtenisneming.

“Die NVG het die vonnis, asook die vennootskap tussen die staat en die eenheid vir geweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe verwelkom, omdat dit vrugte afwerp na suksesvolle inhegtenisnemings en vervolgings,” sê Ntabazalila.

LEES OOK: Voormalige tesourier gevonnis na hy pa en vrou vermoor

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: