April 18, 2021

Die beste bloubessiekoekies ooit

Vul met 1 teelepel roomkaasmengsel en ongeveer ¾ teelepels bloubessiekonfyt.

Die beste bloubessiekoekies ooit

Die beste bloubessiekoekies ooit Foto: Joe Cook

Hierdie sagte koekies bevat heel bloubessies, witsjokolade en roomkaas. Wat meer wil jy hê? Dit is definitief die lekkerste resep nóg vir bloubessiekoekies.

Bestanddele:

  • 1½ koppies meel
  • 1 teelepel mielieblom
  • ¼ teelepel sout
  • ¾ teelepel bakpoeier
  • ½ koppie ongesoute botter
  • ¾ koppie suiker
  • 1 eier
  • 1 teelepel vanielje-essens
  • 114 g witsjokolade, in klein stukkies gekap
  • ¾ koppie bloubessies

LEES OOK: Ma en drie kinders oorlede na sy insekdoder spuit

Vir die vulsel:

  • 70 g roomkaas, versag
  • 1 eetlepel strooisuiker
  • ½ teelepel vanielje-essens
  • 3-4 eetlepels bloubessiekonfyt

Metode:

  • Meng droë bestanddele in ’n klein bak.
  • Room botter en suiker vir ongeveer twee minute teen hoë spoed, tot lig en romerig. Voeg eier en vanielje by tot gemeng.
  • Meng die droë bestanddele by die bottermengsel tot goed gemeng.
  • Vou ongeveer ¾ van die witsjokoladestukkies in, behou die res om bo-op die koekies te druk.
  • Vou laastens bloubessies met ’n rubberspaantjie in, maar doen dit regtig sagkens en probeer om die bessies nie te breek nie. Die deeg sal dik en taai wees. Bedek en plaas in die yskas vir twee ure.
  • Vir die vulsel – meng roomkaas, vanielje en strooisuiker en plaas dit in die yskas.
  • Skep een lepel vol van die koekiemengsel uit en maak ’n holte daarin.
  • Vul met 1 teelepel roomkaasmengsel en ongeveer ¾ teelepels bloubessiekonfyt.
  • Skep nog ’n lepel vol koekiedeeg bo-op en vorm ’n balletjie. Maak seker die vulsel loop nie by die kante uit nie.
  • Druk ’n paar stukkies witsjokolade op die koekie.
  • Vries koekies vir 10 minute voordat jy dit bak.
  • Rangskik koekieballetjies 3 cm uit mekaar op ’n gesmeerde bakplaat, want die koekies sal versprei terwyl dit bak.
  •  Bak vir 16-18 minute by 180°C.
  • Laat die koekies op die bakplaat vir 10 minute afkoel en plaas dit dan oor op ’n rakkie om heeltemal af te koel.

LEES OOK: Steeds dapper na tweede skok

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: