April 19, 2021

Ma en drie kinders oorlede na sy insekdoder spuit

Die ma en al haar kinders het Sondagoggend begin sleg voel en ’n ambulans in ontbied wat hulle na die Thaba Nchu-hospitaal geneem het.

Ma en drie kinders dood na sy insekdoder spuit

Ma en drie kinders dood na sy insekdoder spuit Foto: Readers Digest

VRYSTAAT. – ’n Ma en haar drie kinders is Sondag oorlede nadat sy insekdoder in hulle huis in die Thaba Nchu-omgewing gespuit het.

Die familie het glo die huis verlaat nadat die gif gespuit is. Hulle het egter later na die huis teruggekeer om te gaan slaap.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die ma (32) het glo Saterdag insekdoder vir kakkerlakke in haar huis op Selosesha gespuit.

LEES OOK: Kuberafknouery: selfskending, anoreksie en seksuele probleme

Insekdoder laat familie sleg voel

Die ma en al haar kinders het Sondagoggend begin sleg voel en ’n ambulans is ontbied wat hulle na die Thaba Nchu-hospitaal geneem het.

Die ma en haar twee seuns van onderskeidelik sewe en twee jaar oud is by die hospitaal dood en haar twee dogters van 12 en 13 jaar oud is na hospitale in Bloemfontein oorgeplaas. ‘n 12-jarige dogter is later in die hospitaal oorlede.

Al lid van die gesin wat die voorval oorleef het, is die 13-jarige dogter. Sy is in hierdie stadium steeds in die hospitaal.

Nog ’n familielid wat ook glo Sondag by die huis was, is intussen in die hospitaal opgeneem.

LEES OOK: Steeds dapper na tweede skok

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: