August 4, 2021

Nuwe mamma? Só hou jy jouself fisies en emosioneel gesond

Onthou, elke ding wat jou babatjie nou ervaar, is sy of haar eerste. Let op na sy of haar eerste glimlag, die eerste keer wat hy sy voetjies raaksien of die eerste keer wat hy vir jou lag.

Terwyl jy nog swanger is, het jy die wêreld se tyd om dinge gereed te kry vir wanneer jou babatjie gebore word. (Foto: Unsplash)

Terwyl jy nog swanger is, het jy die wêreld se tyd om dinge gereed te kry vir wanneer jou babatjie gebore word. (Foto: Unsplash)Foto: Unsplash

Terwyl jy nog swanger is, het jy die wêreld se tyd om dinge gereed te kry vir wanneer jou babatjie gebore word. As jou babatjie egter daar is en jy aan die diepkant ingegooi word, is dit maklik om te vergeet wat jy alles in die ouerskapboeke gelees het.

Hier is ‘n paar dinge om te onthou in die eerste paar maande na jou baba se geboorte:

Eet gesond

Veral as jy borsvoed, is dit baie belangrik om gesond te eet. As jy moeg is, is jy meer geneig om na gemorskos te gryp wanneer jy honger is. Let dus op na dit wat jy eet.

Kry oefening

Dis nie nét om van daardie ekstra lagie vet om die magie ontslae te raak nie, maar ook omdat dit vir jou én vir jou babatjie goed is om ‘n bietjie vars lug te kry. Gaan stap om die blok en neem jou baba in ‘n stootwaentjie saam as jy nog nie kans sien vir harder oefening nie.

Gee uiting aan jou gevoelens

Dis normaal om na jou baba se geboorte ietwat emosioneel te voel. Kry ‘n vriendin of jou ma om soms net te luister na jou as jy voel jy wil ‘n bietjie afpak. Huil as jy wil huil en lag as jy wil lag. Dis alles deel van ‘n normale proses.

Kyk na jouself ook

Dis maklik om jou hare net in ‘n bolla vas te maak en soms te vergeet om te stort. Vra jou ma, man of vriendin om net vir ‘n rukkie na jou babatjie te kyk en gaan neem ‘n lang borrelbad.

Koester oomblikke saam met jou baba

Onthou, elke ding wat jou babatjie nou ervaar, is sy of haar eerste. Let op na sy of haar eerste glimlag, die eerste keer wat hy sy voetjies raaksien of die eerste keer wat hy vir jou lag.

Moenie bang wees om vir hulp te vra nie

Nageboortelike depressie is ‘n werklikheid. As jy voel dat jy miskien hulp nodig het en dinge raak nie beter nie, maak ‘n afspraak met jou dokter en bespreek dit voor dit te laat is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *