’n Groep wat tradisionele genesers verteenwoordig, het ’n maand gelede gevra dat hierdie genesers ook oorweeg sal word om die Covid-19-entstof saam met ander gesondheidswerkers te ontvang.
Madoda Sambatha, LUR van gesondheid in die Noord-Wes, sê nou tradisionele genesers in die provinsie gaan binnekort met die Johnson & Johnson-entstof ingeënt word.
Lees ook: Pa vermoor seuns (3 en 4) en toe homself
Professor Mbayimbayi Hlathi, leier van die South African Development Community Traditional Health Practitioners Association, het gesê: “Ons werk nie vir die gesondheidsdepartement nie, maar ons werk saam met hulle. In Suid-Afrika maak ongeveer 80% van die mense van tradisionele genesers gebruik en daarom behoort hulle met die entstof ingeënt te word.”
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gesê: “Voorlyn- gesondheidswerkers is die hoofprioriteit as dit kom by die eerste rondte inentings teen die virus.”
Bron: SABC News



