TYGERBERG. – Daar is tans 160 onopgeëiste liggame by die Tygerberg-hospitaal.
Volgens die Tygerberg-lykhuis, neem dit glo sewe dae vir ’n liggaam om as onopgeëis verklaar te word. Dit kan tot en met ses maande neem voordat vingerafdrukke se uitslae ontvang word.
LEES OOK: Doodsfoto’s van jong vrou op noodgroepe gedeel, vir ouers gestuur
Die polisie doen alles in hulle vermoë om die familie van oorledenes te vind, maar indien niemand ’n liggaam opeis nie, betaal die staat vir ’n begrafnis.



