Veiligheidswag in hegtenis in verband met transitoroof-moorde

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – ’n Veiligheidswag wat glo betrokke was by ’n bende, is Woensdag in hegtenis geneem na twee polisielede op 6 Maart 2020 tydens ’n transitoroof doodgeskiet is.

A.o. Delene Grobler-Koonin (44) en a.o. Wynand Herbst (42) is tydens ’n klopjag doodgeskiet nadat ’n bende ’n geldwa van die pad af gedruk het en later opgeblaas het.

Lees die vorige artikel hier.

’n Skietery het uitgebreek en Grobler-Koonin is in die kop geskiet. Herbst is later raakgeskiet toe die verdagtes van die toneel gevlug het en die polisie hulle agternagesit het. Hy het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Tydens die skietery is drie verdagtes doodgeskiet, twee gewond en agt van die bendelede is tot op hede in hegtenis geneem.

Die saak is Woensdag na die hooggeregshof in Mahikeng oorgeplaas en sal op 12 April 2021 voortgaan.

Lees meer artikels hier.