eNCA-aanbieder en joernalis sterf aan Covid-19

Deel hierdie storie / Share this story

Medelye stroom in op sosiale media na dit vanoggend vroeg bekendgemaak is die joernalis Karima Brown het aan Covid-19 gesterf. Sy is verlede maand in die hospitaal opgeneem as gevolg van Covid-19-verwante komplikasies.

Brown was die aanbieder van die program The Fix op eNCA en ook verskeie radioprogramme.

eNCA het die nuus van haar dood bekendgemaak.

“Sy was ’n formidabele joernalis, ’n sterk vrou en ’n stem wat nodig was in die joernalistieke gemeenskap.”

Lees ook: Man kom na 6 maande agter ‘pa’ op WA-groep is ’n vreemdeling