NELSPRUIT. – Jack Musa Mthimunye (29), ’n motoris, het glo vanoggend met sy motor ’n man (27) doodgery nadat ’n fisiese bakleiery na bewering tussen hulle uitgebreek het.
Mthimunye het saam met nog ses mense in ’n voertuig gery toe hy glo die motor stop, uitklim en in ’n fisiese geveg met die slagoffer betrokke raak.
Man glo doodgery na fisiese geveg
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer die slagoffer het op die grond geval, waarna die bestuurder na bewering weer in sy motor geklim het en glo oor die slagoffer gery het. “Die verdagte het daarna weggery en het die erg beseerde slagoffer hulpeloos gelaat.”
Mthimunye is intussen in hegtenis geneem nadat hy homself aan die Kwaggafontein-polisiekantoor oorgegee het. Sy saak is uitgestel tot 11 Maart 2021 by dieselfde hof waar hy na verwagting ’n formele borgtogaansoek sal doen.
Die verdagte sal in aanhouding bly.
LEES OOK: Ma wat glo oor kind ry, hom as vermis aangee, in hegtenis
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



