Gaan pornografie-saak vorder sonder sleutelgetuie?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – A.o. Delene Grobler-Koonin (44), ’n getuie in die Roelof du Toit-saak, is Donderdag 5 Maart deur transitorowers doodgeskiet. Die vraag is wat dit vir die vordering van die pornografie-saak sal beteken.

Grobler-Koonin is Donderdag tydens ’n jaagtog met rowers ná ’n transitorooftog doodgeskiet. Sy is glo in die kop geskiet.

Grobler-Koonin was die voormalige ondersoekbeampte in die Roelof du Toit–saak. Hy vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie aangekla. Grobler-Koonin het op 26 Februarie in die hof teen Du Toit getuig. As gevolg van die getuienis sal ’n binneverhoor op 7 Julie 2020 plaasvind.

Die binneverhoor sal bepaal of ’n boks kinderklere wat in ’n woonstel waarin Du Toit op Warrenton gewoon het, wettig bekom is. Grobler- Koonin het getuig dat sy op die boks klere beslag gelê het.

Die binneverhoor vind 7 Julie plaas.