Hoërskool Waterkloof in Pretoria se sosialemedia-rekeninge is vandag gehack.
Die kuberkraker (hacker), wat nog onbekend is, het vulgêre boodskappe in kru taal op die skool se Facebook-blad en Instagram-rekening geplaas.
Marike Scherman, hoof van die skool se kommunikasiespan, sê die persoon wat hulle rekeninge gehack het, het geweet wat hy of sy doen. Die bestuur en kommunikasiespan van die skool is tans besig om die rekeninge te verwyder. “Ons het dit klaar reggekry om die Instagram-rekening te verwyder. Ons is nou besig met Facebook.”
Scherman sê die skool het ‘n saak by die polisie geopen en die polisie is op die kuberkraker se spoor.
Hier is kiekies van sommige van die boodskappe wat die kuberkraker op dié skool se Instagram-rekening geplaas het.












