INTERNASIONAAL – Arsenal se wedstryd teen Manchester City is uitgestel nadat spelers van die Londense klub in kwarantyn geplaas is.
Volgens Sport24 is dit die eerste Premierliga-wedstryd wat weens die koronavirus afgestel is.
Volgens Arsenal sal spelers 14 dae lank geïsoleer word nadat hulle met die eienaar van die Griekse klub Olympiakos, wat positief vir Covid-19 getoets het, kontak gemaak het.



