KIMBERLEY – Die tyd vir Laerskool Staats se jaarlikse sportfees het aangebreek. Die opgewondenheid van die naweek se verrigtinge is duidelik op alle leerders, onderwysers, ouers en organiseerders se gesigte te sien.
Dit is die 11de bestaansjaar van die Laerskool Staats-sportfees. Die eerste wedstryde vind môre vanaf 16:00 plaas.
Opgewondenheid loop hoog
De Wet Kruger, die sporthoof van Laerskool Staats, sê daar is 17 skole van regoor die Noord-Kaap, Vrystaat en Noord-Wes wat aan die sportfees gaan kom deelneem. “Ons is opgewonde om die 11de jaarlikse sportfees by Laerskool Staats aan te bied.”
Kruger sê daar sal gedurende die sportfees baie stalletjies wees waar die ouers en leerders met die verskillende skole kan bekendraak.
Geniet die sportfees saam met Laerskool Staats
“Kom geniet die fees saam met Laerskool Staats. Ons is bly om die verskeie skole se leerders en ook hul bestuurskomitee saam met die ouers by Laerskool Staats te ontvang,” sê Kruger.



