Besoek jy nog Kimberley-biblioteek?

Deel hierdie storie / Share this story

Mens wat lief is vir lees ken die reuk van ’n splinternuwe boek. Hulle weet hoe die bladsye tussen hulle vingers voel. In ’n wêreld waar alles deesdae digitaal is, is daar soms niks lekkerder as om met ’n boek te ontspan nie.

Ten spyte van tegnologie wat oorneem, floreer Kimberley-biblioteek steeds. Honderde mense en studente kom soek daagliks hier antwoorde. Sommiges soek net na goeie leesstof.

Wanneer laas het jy die biblioteek besoek? Het jy geweet Kimberley-biblioteek is die grootste biblioteek in die Noord-Kaap? Biblioteke bevorder en bied ’n ryk leeskultuur, navorsingsdienste en toegang tot inligting.