PRETORIA – A.o. Richard Matsobane Molokome (54) en konst. Karabo Archibald Sepato (40) is skuldig bevind aan korrupsie omdat hulle nie ’n boete uitgereik het nie, maar geld van ’n motoris geëis het voor hulle sy motor laat gaan het.
Op 12 Desember 2017 was Molokome en Sepato by die Tuinplaas-polisie aan diens en het misdaadvoorkomingspligte uitgevoer toe hulle ’n verdagte voertuig gewaar en deursoek het. Die voertuig is gestop, deursoek en tekortkominge is ontdek. In plaas daarvan om ’n boete uit te reik of die voertuig te skut, het die twee beamptes ’n bedrag van R1 000 geëis voor hulle die motor sou vrylaat.
Skuldig bevind aan korrupsie na R1 000
Die eienaar van die voertuig is huis toe om geld te gaan haal en het dit aan die beamptes gegee.
Die saak is aan die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan gerapporteer en die beskuldigdes is in hegtenis geneem. Hulle het talle hofverskynings gemaak totdat hulle met ‘n waarskuwing vrygelaat is.
Albei beskuldigdes is vandag deur die Mokopane-streekhof skuldig bevind en die saak is tot 19 April 2021 vir vonnisoplegging uitgestel.
LEES OOK: Man glo doodgery na bakleiery uitbreek, motoris in hegtenis geneem
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



