Hoërskool Diamantveld se klas van 2020 het tydens die provinsiale en distriksprysuitdelings van die Noord-Kaap-onderwysdepartement (NKOD) verskeie toekennings ingepalm.
Die skool ontvang die volgende toekennings:
· Top 3 akademiese skool in die Noord-Kaap.
· 2de beste akademiese skool in die Frances Baard-distrik.
· Beste skool in Fisiese Wetenskappe in die Noord-Kaap-provinsie.
Vyf leerders behaal posisies onder die Top 20 in die Noord-Kaap-provinsie.
· Brendan Greyling – 5de in die Noord-Kaap.
· Alista da Silva – 7de in die Noord-Kaap.
· Chantelle Meintjies – 12de in die Noord-Kaap.
· Jandré du Plessis – 13de in die Noord-Kaap.
· Louis Vermeulen – 16de in die Noord-Kaap.
Baie geluk aan al die leerders en personeel met hierdie uitstekende uitslae en prestasies.
Lees meer artikels hier



