Dit is nie meer nodig vir jou om vir lang tye te staan en aartappels skil nie…
Kook net jou aartappels met die skil aan en sien hoe maklik gly die skille af. Baie sjefs glo dat om die aartappel met sy skil aan te kook, keer dat baie gesonde nutriënte en vitamiene tydens die kookproses in die water verlore gaan.
Lees ook: 10 kosse wat jy nie geweet het jy kan diepbraai nie
In die video van DaveHax op YouTube, gebruik die sjef ’n skerp mes om slegs die skil in die middel deur te sny. Die aartappels word dan gekook en dan in koue water afgespoel. Kyk hoe maklik word die skil dan afgehaal!
Lees ook: My stryd teen kanker – ’n tweede keer
Jenny Mynhardt van Walvisbaai in Namibië, vertel van haar stryd teen die groot K, die pad wat sy tot dusver gestap het en hoe sy weier om op te hou veg.



