August 6, 2021

Vrou tot agt jaar gevonnis na sy ‘kind steel’

Mamoshebi Priscilla Morotoli (44) is gister tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir mensehandel.

Mamoshebi Priscilla Morotoli (44) is gister tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir mensehandel na sy 'n kind gesteel het. (Foto: EWN)

VRYSTAAT. – Mamoshebi Priscilla Morotoli (44) is gister tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir mensehandel na sy ‘n kind gesteel het.

Lees ook: Verlos van tik: My tweede kans na dwelms

Sy is skuldig bevind na sy op 28 November deur die Valke in hegtenis geneem is.

“Sy is in Welkom in hegtenis geneem na sy ‘n kind in Lesotho gesteel het,” sê kapt. Christopher Singo, woordvoerder vir die Valke. “Daar is ‘n identiteitsparade gehou en die kind se biologiese ma het Morotoli uitgewys.”

Sy het intussen verskeie kere in die hof verskyn.

Lees ook: Ouerpaar hoor hul het terminale kanker en moet kinders agterlaat

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *