Spanje se oudste ma (69) se tweeling na IVF weggevat

Deel hierdie storie / Share this story

SPANJE. – Mauricia Ibanez (69) het ‘n lang hofstryd verloor oor toesig oor haar tweeling omdat hulle nie in “optimale omstandighede” grootgemaak kan word nie.

Ibanez het in 2017 aan hulle geboorte gegee ná sy IVF-behandeling ontvang het. Die tweeling se geboorte het haar die oudste nuwe ma in Spanje gemaak.

Ibanez se gesondheidsrisiko’s is nie bekend nie, maar volgens die hofbeslissing is dit vir die tweeling ‘n duidelike risiko om by hulle ma te wees.

Die tweeling woon sedert hulle geboorte by pleegouers en Ibanez kon hulle soms gaan besoek.

Alhoewel Ibanez in 2017 ‘n ooreenkoms met die maatskaplike werkers gehad het dat sy iemand sal aanstel om 24/7 na die tweeling om te sien, het die hof steeds beslis dat sy nie in staat is om die kinders in haar sorg te hê nie.

Ibanez se kommentaar is dat die “anti-social services” dit nie kan vat dat sy op haar ouderdom kinders het nie en dat dit die rede vir hulle besluit is.

Kort voor hulle besluit het sy gesê: “Natuurlik is ek bang dat hulle my kinders van my af gaan wegvat. Hulle is so weerloos en klein.”

Lees ook: Peuter in ma se arms op pad na hospitaal dood