QATAR. – Volgens ‘n ondersoek wat deur The Guardian uitgevoer is, het meer as 6 500 werkers al gesterf tydens die konstruksie van die 2022 FIFA Wêreldbeker-stadions sedert die projek in 2011 in Qatar begin het.
Die oorgrote meerderheid van die werkers is van Indië, Pakistan, Nepal, Bangladesh en Sri Lanka afkomstig, berig Thinking Humanity. Dit beteken dat ten minste 12 werkers per week gesterf het. Van die sterftes is glo as gevolg van ongelukke wat op die perseel plaasgevind het. Baie van die sterftes is glo ook a gevolg van die hitte in Qatar wat werkers gedehidreer het.
Lees ook: Verlos van tik: My tweede kans na dwelms
“Ek het my ma vanuit die tronk gebel en vir haar gesê ek is jammer, maar sy was te seergemaak. Ek moes toe my kar verkoop om ons borggeld te kon betaal.
Die werk sluit nie net die konstruksie van die stadion in nie, maar ook die bou van ander infrastruktuur soos nuwe paaie, ‘n lughawe en blyplekke.
Nick McGeehan, ‘n werkersregte-aktivis, sê: “‘n Groot aantal van die werkers wat sedert 2011 dood is, is net in die land omdat Qatar die Wêreldbeker hier gehou word.”
Die Qatanse regering het agter in ‘n verklaring gesê die sterftes is as gevolg van natuurlike oorsake en nié die gevolg van hoe die regering migrante behandel nie.



