Man dood tydens aanval op polisie

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ’n Man (26) is oorlede toe ’n skare inwoners van Saselamani die polisiekantoor hier aangeval het.

Die gemeenskap is ontsteld oor die liggaam van ’n seun (16) wat Woensdag langs ’n sokkerveld gevind is en het die polisie blameer omdat hulle glo niks doen om die moord op te los nie.

Bande gebrand en petrolbom gegooi

Die inwoners het eers begin betoog deur ’n openbare pad met bande te versper voordat hulle na die polisiekantoor is. ’n Petrolbom is na die polisie geslinger waarna ’n polisievoertuig beskadig is.

LEES OOK: Inspirasie vir vandag – Wees meer suksesvol

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die skare is uitmekaargejaag en dit is toe dat die liggaam van die man gekry is. Die man het ’n skietwond gehad.

Een verdagte is tydens die voorval in hegtenis geneem. Die polisieondersoek duur steeds voort en daar word verwag dat nog verdagtes in verband met die voorval in hegtenis geneem sal word.

Lees meer artikels hier.