MPUMALANGA. – Die verdagte wat na bewering ’n bakkie voor ’n créche in Masogi-nedersetting gesteel het en daarna ook ’n man langs die pad geskiet en omgery het, was onder polisiebewaking toe hy deur die badkamervenster van ’n hospitaal ontsnap het.
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê toe die verdagte en nog ’n man met die bakkie weggevlug het, het hulle ’n man langs die pad, besig om gras met ’n bossnyer te sny, gesien. Volgens Hlathi is die man glo geskiet, van sy toestel beroof en oor hom gery.
Verdagte ontsnap nadat hy opgeneem is
Die bakkie se eienaar het ’n soektog van stapel gestuur waarna hulle die verdagte met die voertuig gevind het. Hlathi sê die een man het gevlug, maar dié betrokke verdagte is toe glo deur die gemeenskap aangeval en na ’n hospitaal geneem.
Die polisie doen dus ’n beroep op enigiemand met inligting om die Stop Misdaad-nommer by 086 001 0111.
LEES OOK: Verkragter sê aan slagoffer: ‘Ek kan nie alleen slaap, dis koud’
Volg FiND iT hier vir die nuutstr nuus.



