CAT is die korter naam vir Methcathinone. Onder gebruikers word ook daarna verwys as Methedrone, Kitty of Meow.
CAT word maklik aanmekaargeslaan met alledaagse huishoudelike produkte soos efedrien (in verkouemedisyne wat oor die toonbank beskikbaar is), asetoon, sulfaatsuur, verfverdunners, sodiumhidroksied en dreinskoonmaakmiddels.
Lees ook: Verlos van tik: My tweede kans na dwelms
“Ek het my ma vanuit die tronk gebel en vir haar gesê ek is jammer, maar sy was te seergemaak. Ek moes toe my kar verkoop om ons borggeld te kon betaal.”
Newe-effekte wat vir die gebruiker aangenaam is
Euforie
Energie
Selfvertroue
Die lus om te gesels of te kuier
Minder aangename newe-effekte
Naarheid
Angstigheid
Spanning in die spiere of spierpyn
Insomnia
Depressie
Selfmoordneigings
Hoe lyk dit?
CAT is ’n witterige poeier en word gewoonlik in plastieksakkies verpak.
Hoe word dit gebruik?
CAT kan mondelings geneem word, dit kan gesnuif word, dit kan in water aangemaak en gespuit word of dit kan in ’n pyp of joint gerook word.
Lees ook: Wat is tik?
Tik is die Suid-Afrikaanse straatnaam vir kristalmetamfetamien.



