Tik is die Suid-Afrikaanse straatnaam vir kristalmetamfetamien.
Dis ‘n sterk stimulant wat op gebruikers se senuweestelsel werk. Dis ook hoogs verslawend en meeste mense raak byna onmiddellik daaraan verslaaf na hulle dit een keer gebruik het.
Die effek
Die effek wat tik op gebruikers se liggame het, is intens en hou baie lank. Wanneer die dwelmmiddel egter begin uitwerk, voel die gebruiker moeg, geïrriteerd en depressief.
Newe-effekte wat vir die gebruiker aangenaam is
Euforie
Geen bekommernis in die wêreld
Selfvertroue
Energie
Gevoel van mag
Dankbaarheid
Lees ook: Verlos van tik: Tweede kans na dwelms
“Ek het my ma vanuit die tronk gebel en vir haar gesê ek is jammer, maar sy was te seergemaak. Ek moes toe my kar verkoop om ons borggeld te kon betaal.”
Newe-effekte wat minder aangenaam is
Angstigheid
Hartkloppings
Paniekaanvalle
Sweet
Hallusinasies
Aggressie
Hoofpyn
Krampe
Langtermyn effekte
Wanvoeding
Depressie
Meth mouth (vrot of gebreekte tande)
Psigose
Insomnia
Organe wat ingee
Hartaanvalle
Breinskade
Koma
Dood
Hoe lyk dit?
Tik word gewoonlik in die vorm van kristalle verkoop. Soms word dit ook fyngemaak en as poeier verkoop. Dit word in klein plastieksakkies of -strooitjies verpak.
Hoe word dit gebruik?
Tik kan fyngemaak en gesnuif word, in ‘n glaspypie gerook word, of met water aangemaak en ingespuit word.



