Vir en teen jag: Die waarheid oor wildboerdery

Vir die wildprodusent is daar drie bemarkingskanale.

Vir en teen jag: Die waarheid oor wildboerdery. Foto: Robert Woeger

Vir en teen jag: Die waarheid oor wildboerdery. Foto: Robert Woeger

Die groot jagdebat bestaan al vir baie lank, maar soos met enige ander omstrede onderwerp, is dit baie belangrik om elke kant van die spektrum te verstaan en al die feite te weet.

Gister het ons gepraat oor jag wat breedweg kan verdeel word in twee tipes, wat verskillende doelstellings het.

Wildboerdery word toegepas in ekstensiewe weidingsgebiede waar die grond marginaal is en nie juis aangewend kan word vir enige ander doel nie.

Dit is normaalweg die droë, dor gebiede met lae reenval waar selfs veeboerdery (bees, skaap en bok) marginaal is en moeilik kommersiel lewensvatbaar.

“Lewende verkope van wild is een van die vertakkings waarmee wild as produk bemark word en lewer ‘n totale ekonomiese bydrae van ongeveer R2 miljard per jaar,” sê Fred Camphor, hoof uitvoerende beampte van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Daar is ook ander boerderyvertakkings waarby wild ingeskakel word, byvoorbeeld deur die aanhou van blesbokke in saaigebiede waar hulle ook afgestroopte lande kan benut, en wild word dikwels ook in gemengde boerderye as een vertakking aangetref.

Vir die wildprodusent is daar drie bemarkingskanale.

“Lewendige verkope het ‘n beperkte mark en bestaan normaalweg uit die vang en verkoop van teelgroepe van diere wat deur ander boere aangekoop word, of enkele trofeediere wat deur ander boere of professionele jagters aangekoop word,” sê Camphor.

Die tweede kanaal mag trofeejag wees wat bestaan uit trofeejagters wat telkens net een trofee van ‘n gegewe spesie wil jag (sê maar een springbokram, koedoebul, rooibokram of kameelperd.

Dit is dikwels net een manlike dier van ‘n spesie wat die versamelwaarde het.

“Die vleis van die gejagte dier bly in baie gevalle op die plaas agter waar dit verwerk en verbruik word of dit raak die eiendom van die professionele jagter wat dit verwerk en verbruik. Hierdie is ekonomies ‘n lukratiewe maar baie beperkte mark.

“As ek ‘n plaas in die Karoo het met 3 000 springbokke, dan wil ek tot 1 000 springbokke per jaar bemark en om net 250 ramme uit te skiet gaan nie ekonomies haalbaar wees nie.”

Dit bring ons tot die verbruiksjagter wat kom jag om vleis vir eie verbruik te kry.

Die verbruiksjagter jag ‘n mengsel van ouer en jonger, groter en kleiner, manlike en vroulike diere soos die grondeienaar wil laat afhaal, om ‘n gebalanseerde wildbevolking oor te hou.

“Hulle doel is primêr die gebruik van wildsvleis as bron van gesonde proteïen met volledige gebruik van die hele karkas.

“Op hierdie manier kan die wildboer die volledige waardeketting benut en sy wildpopulasie sinvol bestuur om aan te pas by omgewing en klimaatstoestande, om die populasie in stand te hou en sy grond en weiding optimaal te benut,” sê Camphor.

Laat weet ons jou gedgates oor die groot jagdebat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *