February 26, 2021

Vrou sny kameelperd se hart uit op Valentynsnaweek

Die bul wat sy geskiet het, is glo 17 jaar oud.

Vrou sny kameelperd se hart uit as Valentynsgeskenk

Vrou sny kameelperd se hart uit as Valentynsgeskenk

WAARSKUWING: Foto’s nie vir sensitiewe lesers nie.

Merelize van der Merwe, van Naboomspruit in Suid-Afrika, het mense oor die hele wêreld geskok toe sy ’n foto van haarself met ’n kameelperd se hart deel. Haar man het glo betaal sodat sy die dier kon skiet en sy hart oor Valentynsnaweek kon uitsny.

Die bul wat sy geskiet het, is glo 17 jaar oud. In ’n inskrywing op Facebook, waar sy met die kameelperd se hart in haar hande staan, sê  sy: “Het jy al ooit gewonder hoe groot ’n kameelperd se hart is?”

LEES OOK: Seun (10) verdrink toe hy sussie uit dam red

Van der Merwe het aan Mirror gesê haar jagtog het daardie dag vir 11 mense werk geskep en baie vleis vir inwoners voorsien. Sy is deur Chrisjan Bakker bygestaan.

Sy het bygevoeg: “As jag verbied word, sal diere waardeloos word en verdwyn. Jag het gehelp om baie soorte van die uitsterwing af terug te bring. Die enigste mense wat hierdie diere beskerm, is trofeejagters.”

FiND iT is in besit van die video, maar TiKToK het die video weens gemeenskapsriglyne verwyder.

Merelize van der Merwe se man het glo betaal dat sy die kameelperd skiet. Foto: Mirror
Hier staan Merelize met die kameelperd hart in haar hand. Foto: Mirror

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: