Kan katte in die donker sien?

Deel hierdie storie / Share this story

Dit sal jou dalk verbaas, alhoewel dit miskien nie so lyk nie, dat katte eintlik lig nodig het, selfs ‘n klein hoeveelheid om snags te sien.

Anders as wat algemeen geglo word, is katte nie nagdiere nie. Hulle is die aktiefste met dagbreek en skemer, maar hoe kan katte snags so goed sien?

Katte benodig net ongeveer ‘n sesde van die hoeveelheid lig wat mense in swak lig nodig het, maar soos honde, kan hulle nie in volle donkerte sien nie.

Alhoewel katte met minder lig as mense kan sien, beteken dit nie dat dit duideliker is wat hulle sien nie.

Die ander unieke faktor van katte se oë is hulle geboë kornea, vertikale pupille en groot lense.

Hulle vertikale pupille kan van 135 tot 300 keer uitbrei (teenoor slegs 15 keer by ‘n mens) in swak lig, of as hulle gestimuleer word of spelerig voel.

Soos mense, kan katte ook visieprobleme hê, soos om bysiende te wees, wat beteken dat hulle nie voorwerpe wat ver is, duidelik kan sien nie.

Alhoewel katte bysiende is, is hulle perifere visie van 200 grade wyer as dié van ‘n persoon, wat 180 grade is.

Die kenmerkende katoogvorm met sy gleufvormige pupil en ongelooflike ligbeheer, is hoe ‘n kat in die donker kan jag, en ook in helder daglig.

Die gleufvormige pupil word meestal aangetref by diere wat bedags en snags jag, en veral onder roofdiere wat hulle prooi agtervolg – insluitend katte, slange en krokodille.

Om op ‘n muis te spring, moet ‘n kat ongelooflik presies wees wanneer hy afstand beoordeel en dit is waar dié soort pupil kan help.

Die brein neem die beelde wat vanaf die linker- en regteroog ontvang word, en vergelyk dit om afstand te help skat.

‘n Kat se oog is werklik ‘n merkwaardige ding.

Lees meer hier.