WES-KAAP. – Mense van oral het Lisa-Marie Beyers (20) se storie op die Facebook-blad – Just Breath Lisa-Marie Beyers – gevolg en huldeblyke is die hele Facebook vol na sy Maandag oorlede is.
Lisa was ’n sistiese fibrose-lyer wat op Robertson woonagtig was. Sy het in 2018 reeds ’n dubbele longoorplanting gehad en het gewag om haar tweede een te ondergaan.
“Ons engel Lisa dans tussen die engele van die hemel in ons Vader se troonkamer. Daar is geen pyn nie nie. Haar aardse stryd is verby. Sy het die hemelse kroon behaal.
Ons gaan jou so baie mis my skat! Breathe free! Pieter & Lana
Nogmaals dankie vir almal se gebede,” is die inskrywing wat gister op Lisa se blad geplaas is.
Mense van regoor die land het haar storie op haar blad gevolg waar hulle gereeld op hoogte gehou is. Foto’s en video’s van haar is ook hier gedeel.
Huldeblyke het vinnig na die nuus van haar afsterwe ingestroom. Selfs bekendes soos Steve Hofmeyr, Karlien Hussleman en Burger le Roux het hulle hartseer oor Lisa se afsterwe op Facebook gedeel.


LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: polisie kan nie skote voor ongeluk bevestig
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



