Voëlklip-ongeluk: polisie kan nie skote voor ongeluk bevestig

Die identiteit van die 75-jarige vrouens kon ook nog nie bekendgemaak word nie.

WES-KAAP. – Die bewerings oor skote wat gehoor is voor die wit Mazda Sondagaand om 18:45 by ’n krans by Voëlklip afgestort het, kon nog nie deur die polisie bevestig word nie.

“Die bewerings oor skote wat tydens die voorval afgevuur is, sowel as die uitslag van ballistiese toetse, vorm deel van die polisie se ondersoek na hierdie saak,” sê Christopher Spies, polisiewoordvoerder.

LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: Twee bejaardes sterf, twee vuurwapens in wrak gevind

Die ondersoek volg nadat twee vuurwapens Maandagoggend uit die wrak gehaal is. Die polisie het dit vir ballistiese toetse gestuur.

Die identiteit van die 75-jarige vrouens kon ook nog nie bekendgemaak word nie. “Die polisie op George is in gesprek met die naasbestaandes van die oorledenes om hul identiteit te verifieer.”

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: