Drie wenke om jou elke dag geluk te help kies

Deel hierdie storie / Share this story

Gesertifiseerde lewensafrigter en skrywer van 21 Days in Full Bloom, Lucia Dramat, deel haar wenke oor hoe om elke dag aktief geluk te kies.

Dit begin alles met ‘n besluit. As ons ja sê vir geluk, sê ons nee vir sekere dinge.

Wenk #1

Sê nee vir gesprekke wat jou leeg laat voel en hou op om dieselfde ou negatiewe gedagtes te dink en te sê.

Wenk #2

Sê nee vir dinge soos sosiale media. Jy blaai en na 15 minute voel jy so negatief en verveeld met jou eie lewe. Konsentreer eerder op iets positiefs.

Wenk #3

Sê ja vir ‘n wandeling in die natuur, vir selfverbetering, vir daardie lekker sny koek om jouself te beloon nadat jy die hele week geoefen het, en vir goeie geselskap.

Sê ja vir die dinge wat jou bank vol maak en sê nee vir die dinge wat jou vreugde steel.

Bron: www.kfm.co.za