Vandag se vreemde tegnologiefeit: E-pos is ouer as die wêreldwye web

Deel hierdie storie / Share this story

Elektroniese pos is in die 1960’s deur Ray Tomlinson uitgedink. Eers ‘n paar dekades later het die wêreldwye web begin vorm aanneem op die wyse waarop ons dit vandag ken en liefhet.

Die eerste gemorspos (email spam) is in 1978 deur Gary Thuerk aan honderde gebruikers op ARPANET (Advanced Research Projects Agency Network) gestuur.

Sedertdien het daar baie onheilspellende maatskappye en individue op die wa gespring en ons e-posbus met ongewenste rommel geteister.

Bron: www.pocket-lint.com