KONTANTBELONING: SAPS soek vermeende reeksverkragter

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Die polisie in Gauteng bied ’n kontantbeloning aan vir enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van ’n vermeende reeksverkragter, vermoedelik in sy laat twintigs, na ’n verkragting op 23 Februarie 2021 in Crystal Park, Ekurhuleni, plaasgevind het.

Verskeie verkragtings

Luidens ’n polisieverklaring kan dieselfde verdagte na bewering agter die poging tot verkragting van ’n vrou in Crystal Park op Maandag 22 Februarie 2021 sit, asook ’n verkragting wat verlede week in Etwatwa plaasgevind het.

Die ondersoek na verskeie verkragtingsake wat reeds in 2012 by verskillende polisiekantore in Ekurhuleni aangemeld is, dui op die waarskynlikheid van ’n reeksverkragter wat vroue in Benoni, Daveyton, Etwatwa, Putfontein en Crystal Park terroriseer. In hierdie gevalle is die slagoffers tussen 12 en 20 jaar oud.

Inligting oor vermeende reeksverkragter

Enige persoon met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, John Mokoena van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, by 0716756166 of Crime Stop op 08600 10111 te skakel.

LEES OOK: Gqeberha: Wat dink jy van PE se nuwe naam?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.