Gqeberha: Wat dink jy van PE se nuwe naam?

Deel hierdie storie / Share this story

PORT ELIZABETH. – Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het aangekondig Port Elizabeth se nuwe naam is Gqeberha.

Alhoewel verskeie inwoners teen hierdie verandering was en petisies geteken het, is die naam steeds na amper twee jaar verander.

Gqeberha is nie die enigste verandering nie

EWN berig die nuwe naam is deur Boy Lamani van KwaMagxaki ingedien en sê Gqeberha, die isiXhosa-naam, was oorspronklik vir die Walmer-township, een van die eerste en oudste townships in Port Elizabeth.

Ander naamsveranderinge sal Uitenhage na Kariega verander. Die Port Elizabeth-lughawe sal nou bekend staan as Chief Dawid Stuurman- internasionale lughawe.

LEES OOK: Voëlklip-ongeluk: polisie kan nie skote voor ongeluk bevestig

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.